afrikaanse paartjie, #afrikaansepaartjie,afrikaansepaartjie,wegbreek,vakansie,franschhoek,buitelug,outdoors,nature,natuur

Video: Só oorleef jy die afstand

Mense sê altyd dat ʼn langafstand verhouding werk net nie uit nie. Uhm, ons wil dit net regstel, asseblief.

 

Dis nou al mooi twaalf maande dat ons saam is en alhoewel dit ook mos maar met sy bepaalde uitdagings kom, het ons die afstand maak werk. Sommige dae en weke is beter as ander, terwyl daar weer maande kom dat ons mekaar nie sien nie.

 

Raak dit makliker? Goeie bliksem, nee! Dis ʼn uitmergelende situasie wat jou by tye die hare uit jou kop laat trek, maar ons oorleef want ons wéét wat ons in mekaar het.

 

So indien julle gewonder het hoe ons die hele afstand ding laat werk, kyk hierdie video. Dit sal presies verduidelik wat nodig is.

Charlen & Lauren op hul beste. Die een bly in Dubai en die ander hier in sonnige Suid-Afrika. Twee dinge wat hulle in gemeen het: albei is Afrikaans en albei reis vir werk! En so tussendeur alles maak hulle darem tyd om vir mekaar "ek is lief vir jou" te sê.