AfrikaansePaartjie,afrikaanse paartjie,dubai,toer,tour,explore,dubai desert safari,desert safari

Video: Dubai Desert Safari

Dubai is ʼn warm plek en die woestyn wat die stad omring nog méér so, maar dit het ons nie gekeer om die hitte te trotseer en in die sand te gaan speel nie. En ds beslis een van die goed wat mens moet doen wanneer jy daar op vakansie is – in die sand gaan speel. Alhoewel die argitektuur alles oordonder, is daar tóg besienswaardighede en goed om te doen. En afgesien van die hitte, is dit iets wat mens net nie kan laat gaan nie.

 

Goed soos die Desert Safari is ʼn moet en gee dit smaak aan jou Dubai-vakansie. Eers begin alles met ʼn busrit tot vêr buite die stad en dan klim jy oor in ʼn 4×4. Die roete vanaf die optel-punt tot by die plek is skaars ʼn kilometer, maar op pad daarheen word wye draaie gery en oor sandduine gejaag.

 

LEES: Dubai se hitte kan ons nie keer!

 

Groot pret! By die plek self kan mens kameel ry, sandplank ry, en ook vierwielmotorfietse – ongelukkig is die laaste net tot sekere pakkette beperk. Nietemin, dit bly ʼn ervaring van ʼn leeftyd.

 

Dan die aand, om alles mooi af te sluit, is daar drie verskeie skoue wat jy kan kyk en ook jouself aan die buffet oorgee.

Charlen & Lauren op hul beste. Die een bly in Dubai en die ander hier in sonnige Suid-Afrika. Twee dinge wat hulle in gemeen het: albei is Afrikaans en albei reis vir werk! En so tussendeur alles maak hulle darem tyd om vir mekaar "ek is lief vir jou" te sê.