Video: Die Burj is regtig so hoog!

Video: Die Burj is regtig so hoog!

Tydens ʼn onlangse besoek aan Dubai was een van die attraksies op ons lysie die Burj Khalifa. Die hoogste gebou in die hele wye wêreld. Die Burj is hoog – baie hoog – en kan mens nie anders as om amper lighoofdig te raak wanneer jy daar bo in die wolke is nie. Maar voor jy daar bo uitkom word jy eers ʼn vinnige les oor dié gebou gegee en waarom dit is wat dit is.

 

Bou van die konstruksie het omtrent so ʼn dekade terug begin en etlike jare later was dit voltooi. Die Burj huisves ʼn groot aantal besighede, dis ʼn toeriste attraksie, en daar is selfs ʼn massiewe swembad op een van die vloere! Mens begin onder, heel onder, waar jy inteken en dan lei ʼn gids jou tot by die hyser. Van hier skiet jy teen 10m/sekonde die lug in en skaars 60 sekondes later is jy op die 124ste vloer.

 

Jy voel skaars dat jy nader aan jou Maker beweeg, maar die realiteit skop in wanneer jy uit die hyser klim en dan net vlaktes sien. Vlaktes wat jou asem wegslaan. Vlaktes wat jou in verwondering laat staan vir dit wat jou oë sien. Die geboue lyk so massief van grondvlak af, maar van hier bo af lyk alles klein en… insignificant. Die Burj Khalifa oordonder alles en mens voel nóg kleiner wanneer jy daardie oordonderende effek besef.

COMMENTS