video,club Mykonos,mykonos,langebaan,afrikaanse paartjie

#AfrikaansePaartjie in Mykonos

Winter is nou nie juis ‘n tyd van die jaar dat jy vakansie by die see sal gaan hou nie, maar ʼn lekker weg-breek vra nie vir ‘n tyd en plek nie. Charlen en Lauren het vroeg in Junie Langebaan se kant toe gery vir ʼn vinnige besoek aan die Weskus. En al het die winter koue aan hul hakke gehap, was daar nie ʼn manier dat hulle die kans sou laat glip nie. Mykonos, of Club Mykonos soos dit alom bekend is, herinner sterk aan Griekeland met sy spierwit huisies en woonstelle, en was dit dan ook die #AfrikaansePaartjie se tuiste.

 

Met heelwat om te doen en sien het hulle nie op hulle laat wag om die oord van nader te leer ken nie.

Charlen & Lauren op hul beste. Die een bly in Dubai en die ander hier in sonnige Suid-Afrika. Twee dinge wat hulle in gemeen het: albei is Afrikaans en albei reis vir werk! En so tussendeur alles maak hulle darem tyd om vir mekaar "ek is lief vir jou" te sê.