Thailand – die ervaring van ʼn leeftyd!

Thailand – die ervaring van ʼn leeftyd!

Ons het die majestieuse Thailand vir tien dae besoek en het omtrent in die land se ryk geskiedenis en kultuur verlore geraak. Oral is daar hierdie asemrowende en innemende natuurskoon; van die strande tot die woude, die eilande en die skilderagtige landskappe. Die etniese inwoners van die land is baie needrig en gaaf en die kos… Oooh! Die kos! Ek kan nog steeds nie ophou dink en uitgepraat raak oor die Siamese disse nie!

 

Op ons daaglikse toere het ons baie plekke besoek, waaronder die 2004 Tsunami Memorial, die Tiger Kingdom, die Trick Eye Museum, die Upside Down House, Big Buddha, Chalong Temple, en die Elephant Sanctuary. Daar is nog baie meer! Ons het gróót pret gehad en kon selfs aan tiere raak en met hulle speel. Dit sou mens nooit in Suid-Afrika kon doen nie.

 

Iets wat omtrent ons monde laat oophang het was toe ons van eiland tot eiland gegaan het. Die strande wat ons gesien het, die kalmte op die waters, die rustigheid van die omgewing. Ons het ook geduik en doer onder die water was visse van allerhande kleure en groottes. Hey, ek het selfs vir Nemo gesien!

 

Dit was nog altyd ʼn droom om te reis en te toer, maar ek het nooit gedink dat dit sou gebeur nie. “Niks is onmoontlik” het ʼn werklikheid in ons lewe kom word. Thailand het ons kom leer dat jy moet nooit ophou droom nie, en nooit moet stop om aan daardie drome te werk nie. As jy in jou drome glo en daaraan werk, sal jy kry wat jy graag wil hê.

 

Ons het dit gekry en ons het Thailand ervaar.

 

Geskryf deur: Anziske

COMMENTS