Scar moes die Pride Lands regeer!

Scar moes die Pride Lands regeer!

Die nuwe Lion King is uit, maar wat as ons die heeltyd die verkeerde storie gevoer was…?

In 1994 was al wat leef en beef in verwondering oor Disney se nuwe fliek, The Lion King, en was ons almal vir die laaste 25 jaar stééds in skok oor Mufasa se dood. Ons was kwaad vir Scar wat sy eie broer doodgemaak het, en ons was hartseer oor Simba wat nou aan sy eie genade oorgelaat is.

En dié’s van ons wat dit nou al oor en oor gekyk het weet presies watter dier volgende gaan praat én wat hy gaan sê.

Scar is die één karakter wie ons almal haat, maar wat as Scar die een is wie eintlik aan spits van sake moes staan? Wat as Scar die een leeu is wat true to character is? Scar is ‘n vark van ‘n leeu, maar wat as…

Die nuwe Lion King movie het vandag in teaters begin draai.

COMMENTS