lauren,jaguar,f-type, afrikaanse paartjie

ʼn Katjie vir my verjaarsdag

Ek het nog altyd ʼn bietjie van ʼn groot ding van my verjaarsdag gemaak, soos byvoorbeeld die dae, selfs weke, in die aanloop tot dit te begin aftel.  So jy kan jouself in dink hoe opgewonde ek was toe Charlen vir my sê dat hy die Jaguar F-Type vir my verjaarsdag-naweek sal hê. Dit het sommer gemaak dat ek vroëer huis toe vlieg!

 

Ongelukkig kon hy my nie by die lughawe kom optel nie, want óf my tas was te groot óf die kattebak was te klein. Ek sal dit nooit erken nie want vir ʼn vrou is daar nie iets soos ʼn tas wat té groot is nie; al bly ek net vir vier dae. Maar ernstig nou: daai kattebak is baie klein.

 

Liefde is blou

 

Toe ek daardie kar sien is al wat ek kon sien blou. ʼn Mooi blou. Dit was nie eens ʼn blou Maandag nie, so nee ek is nie sarkasties nie. Dit was ʼn blou kar. Ek het alreeds my hart op die F-Pace gesit, so om die F-Type te ervaar was definitief iets nuuts.

 

My Lief weet, na my eerste kennismaking met Jaguar in die F-Pace, hoe ek oor Jaguar voel en dat die F-Pace my gunsteling motor so vêr is. So toe ek in die F-Type klim was dit onmiddellik anders… anders want dit was meer kompak, meer slank en definitief meer sexy.

 

LEES: ‘Baba’ F-Type maak dinge los

 

Vir ʼn romantiese afspraak het ek en My Lief besluit om te gaan uit eet, maar eers is ons Durbanville se kant toe om die kar ʼn bietjie… oop te maak. Dis waar ek die kar regtig gevoel het. Ervaar het. Daar is net iets omtrent langs Charlen sit terwyl hy bestuur, en hy was regtig in sy element toe hy daardie kar se limiete begin toets.

 

Dit was ʼn bietjie van orgasmiese ervaring. Ja, ek was nie agter die stuurwiel nie, maar ek kon optel hoe vinnig die kar reageer op wat hy doen. Noem my vreemd, maar ek het soort van die gewoonte om vir Charlen dop te hou terwyl hy bestuur, want dit gee my ook ʼn gevoel van hoe dit is.

 

So uit en uit was dit ʼn wonderlike ervaring om vir my verjaarsdag ʼn katjie te kry. Hy weet hoe graag ek ʼn troeteldier wil hê. Ek is nou nie ʼn kat mens nie, maar die Jaguar F-Type kan definitief by my voete kom lê.

 

Vir My Lief se volle verslag oor die F-Type, klik hier.

Lauren is 'n lugwaardin en werk vir Emirates. Sy mag nou wel in Dubai woon, maar haar hart en haar lewe is in die Kaap. Sy reis die wêreld vol en sien wonderlike plekke, maar 'n mens sal mos maar altyd wil hê dat daai iemand spesiaal dit saam met jou moet ervaar.