My Liefie kuier in Kuier!

My Liefie kuier in Kuier!

Almal het die gewoonte om opgewonde te raak wanneer hulle iemand beroemd sien. Wat mens nog méér opgewonde maak is wanneer jy die persoon ken. So toe my Liefie my vertel dat hy in die Kuier! tydskrif gaan verskyn was ek in ekstase.

 

Iets vir Manlief

 

Charlen is nie die tipe man wat graag foto’s van homself neem of dit op social media sal sit nie. So toe hy hoor dat hy in die nuutste Kuier! gaan verskyn, een van die grootste vroue tydskrifte in Suid Afrika, was dit vir hom ʼn skok. ʼn Baie groot skok. Hy is altyd agter die kamera, besig om ʼn foto van my of een van sy karre te neem.

 

Maar hierdie keer moes hy sy lyf model hou en in ʼn paar uitrustings spring. ‘Iets vir manlief’ is die seksie se naam. Maar in hierdie geval is dit iets vir my eie manlief.

 

Toe ek die tydskrif met die foto’s van hom sien… so aantreklik… so sexy. Ek kon my trots nie keer nie en ek weet dit moes baie van hom vat om ernstig te wees. Enige mens wat vir Charlen ken weet dat dis selde dat hy sonder ʼn glimlag en sy dimpels is, so hy moes omtrent uithaal en wys om ʼn reguit gesig op te sit.

 

Al die uitrustings wat hy moes dra was vir hom bedoel. Die kampeer- en buitelug tema; dis presies wie hy is, so hy was definitief in sy gemaksone. Wie weet dalk is dit net inspirasie vir ons volgende mini vakansie, aangesien iemand se dertigste verjaarsdag om die draai is.

 

Sssssshhhh ons mag nie daarvan praat nie.

 

Nie die laaste

 

Ja ja… ek gaan seker ʼn bietjie te veel aan oor die feit dat My eie Liefie in die tydskrif verskyn het, maar wie gaan my keer. Dit gebeur nie aldag nie, maar ek weet dis definitief nie die laaste keer wat sy gesig in ʼn tyskrif sal verskyn nie.

 

Hy is bedoel vir groot dinge en groot dinge is bedoel vir hom. Een ding wat ek wel kan sê is dat ek is nie die model in hierdie verhouding is nie.

COMMENTS