Landy se nuwe Discovery. Sjoe!

Landy se nuwe Discovery. Sjoe!

Die nuwe Discovery vat nie net alles wat die Land Rover naam voor bekend is saam nie, maar dit stu ook die rigting waarin Land Rover met sy voertuie beweeg. Dalk nie so voor in die koor soos die Range Rover en Range Rover Sport nie, maar dit doen. En dit was veral by 4×4 ekskursies dat die Discovery sy staal kom wys het. Die eerste drie generasies was goed vir hul tyd, maar die vierde het die appelkar heeltemal op sy kop kom draai. Wat ʼn wa! Byna geen gelyke en ongekende vermoë in die moeilikste omstandighede, dit was die vierde-generasie. En dit het sommer rof en onbeskof gelyk, ook. Daardie hoekige lyf en hoog in sy skoene.

 

So toe Land Rover middel 2017 hierdie nuwe Disco bekend stel… wel, dit lyk allesbehalwe soos die uitgaande model.

 

ʼn Luukse wa

 

Ek gaan nou bietjie duiwels advokaat speel en sê dat dalk wou Land Rover die Discovery meer as ʼn stadsmotor as veldrywa posisioneer. As mens die tendense in verkope dophou, dan is daar heelwat mense wat duur, luukse SUVs koop. Dit is nie noodwendig mense wat elke naweek in die bos gaan speel nie, maar eerder ʼn SUV koop vir die status en tegnologie.

 

En om die Discovery vir hierdie mark te bou werk, want elke maand word 90+ van hierdie R1-miljoen SUVs van die hand gesit. Interessant genoeg, die Discovery is tans een van SA se bes-verkopende luukse SUVs, wat wys dat Land Rover se waagstuk werk. Land Rover het gewaag om sy nuwe Discovery van ʼn sagter voorkoms en gevorderde tegnologie te voorsien, maar die nuwe pakket moet nie misgis word vir ʼn SUV wat bang is om sy tekkies vuil te maak nie.

 

Hierdie Landy mάg maar!

 

Vir die volle verslag oor die LR Discovery, klik hier.

COMMENTS