AfrikaansePaartjie,afrikaanse paartjie,swembad,zimbabwe,little kariba,crocodile,nile crocodile,swimming pool,couple,swimming,

Krokodil onderbreek kafoefel in swembad

Mens moenie vir sulke goed lag nie, maar ʼn video het in ons inbox beland van ʼn paartjie wie se ‘gekuier’ deur ʼn krokodil onderbreek was. Die man en vrou het in die Little Kariba Lodge in Zambabwe se swembad gesels toe die krokodil onverwags en skielik die derde wiel wou wees.

 

Duidelik taktloos het die rokjagter van ʼn krokodil nie vir toestemming gevra om sy gewig rond te kan gooi nie en toe sommer dadelik sy intensies aan die meisie in min klere duidelik gemaak.

 

Die video wys hoe die nyl krokodil skielik in die skoot verskyn. Die paartjie, salig onbewus van die gevaar wat hulle bekruip, is meer gefokus op die kafoefel as die gevare wat die nag kan inhou.

 

Die probleem is dalk nie so seer dat die krokodil die swembad met ʼn stink spoed binne gevaar het nie, maar eerder dat die man aan sy eie gat gedink en die swembad verlaat het! Die vrou spaander vir haar lewe en probeer wegkom van die krokodil af, maar die man is so weg soos ʼn ereksie in koue water. Gelukkig kom iemand nader om haar uit die kloue van die dood te red.

 

Oh! En die mooiste van dit alles? Dié verliefdes het mekaar vir die eerste keer ʼn paar uur voor die episode ontmoet! Praat van ʼn epic first date.

Charlen & Lauren op hul beste. Die een bly in Dubai en die ander hier in sonnige Suid-Afrika. Twee dinge wat hulle in gemeen het: albei is Afrikaans en albei reis vir werk! En so tussendeur alles maak hulle darem tyd om vir mekaar "ek is lief vir jou" te sê.