En toe gebeur Venice uiteindelik!

En toe gebeur Venice uiteindelik!

Ek kon my geluk nie glo toe iemand my ʼn flight swap vir Venice, Italië stuur nie.

Almal wie my regtig ken wéét dat ek nog altyd Italië wou besoek, maar nie enige plek in Italië nie… Venice. Dit is een van die mees romantiese plekke in die wêreld. Kuns, kos, prag, liefde en nog vele meer. Dis hoekom toe een van my kollegas ʼn epos stuur om te vra of ons vlugte kon ruil het nie gehuiwer om dit te aanvaar nie.

Vandat ek Dubai toe gekom het en vlugte kon aanvra, het ek vir Venice gevra. Sover het ek alle Italiaanse bestemmings besoek waar Emirates na toe vlieg, behalwe die een wat ek regtig wou sien. Moet my nie verkeerd verstaan nie; Milan, Bologna en Rome is asemrowend mooi en is dit presies net soos ʼn mens dit op die internet en TV sien, maar my hart het na Venice verlang.

AfrikaansePaartjie, Afrikaanse Paartjie,italië,italy,venice
Foto: Afrikaanse Paartjie

Gangetjies en brûe oral

Ek en twee van my kollegas het toe onmiddellik die pad gevat; skaars ʼn uur nadat ons by die hotel aangekom het. Venice laat nie op haar wag nie. Of eerder, die bus stad toe laat nie op hom wag nie. Maar nou ja, kom ons gaan met Venice.

Wanneer jy die stad ingaan, stap jy letterlik oor ʼn brug. Al wat ek op daardie stadium kon doen was om alles in neem. Elke afdraai padjie, elke kaféé wat na óf koffie óf tuisgemaakte pasta ruik. So tussendeur alles dan besef jy dat Venice was letterlik met die hand gebou en dat dit een van die oudste stede in Italië is.

AfrikaansePaartjie, Afrikaanse Paartjie,italië,italy,venice
Foto: Afrikaanse Paartjie

Pasta en koffie

Ons het toe by ʼn klein kaféé gestop. Of altans, die geure wat daar uitgekom het het ons geroep. Ek het spaghetti bolognese vir laat middagete gehad, maar dit het definitief nie geproe soos iets wat ek al voorheen geëet het nie. Ek sê nie my ma se spaghetti is nie lekker nie, maar ek kan wel sê dat die Italianers mág maar kook. Ek dink wat dit anders maak is dat hulle die spaghetti self maak. Tuisgemaakte spaghetti, en dis super vullend.

En natuurlik kon ons nie die koffie vergeet nie. Die Italianers is mal oor hul koffie en om elke hoek en draai is daar ʼn koffie winkel wie se reuk jou vol in die gesig tref. Ek is nie eintlik ʼn koffie mens nie, maar as koffie jou ding is, dan is Italië jou tipe plek.

En al is koffie nie jou ding nie, dink ek is Italië stééds ʼn goeie idee.

Die hoogte punt van my aand was twee plekke. Om op die Ponte di Rialto brug te staan, die oudste van vier brûe wat oor die Grand Canal span, en om in die middel van die St. Marks Square te staan en die illustrasies van Jesus te aanskou.

Ek kon net inneem…

En weereens kan ek sê Italië was en is nogsteeds ʼn goeie idee. So bly ek kon gaan kuier in die een stad wat ek nog altyd wou besoek en dit het my verwagtinge heeltemal oortref.

AfrikaansePaartjie, Afrikaanse Paartjie,italië,italy,venice
Foto: Afrikaanse Paartjie

COMMENTS