AfrikaansePaartjie,afrikaanse paartjie,dubai,suid-afrika,toer,adventure,dubai,dubai fountain

Video: Die sprinklers by Dubai Mall

Ons het almal daai sê-ding gehoor dat alles is groot in Texas, maar ons moet dit asseblief regstel want in Dubai is alles op ʼn volgende vlak! Einde Augustus begin September het Charlen vir Lauren in Dubai gaan kuier. Die uitnodiging het uiteindelik gekom en was daar nie nog enige twyfel om op die vliegtuig te klim en daar uit te kom nie. Alles binne twee weke gereël: verblyf, visa, kos en alles en nog wat.

Die eerste paar dae van die besoek was maar stil, want Lauren was besig met vlugte. Eers moes sy na een of ander Indiese plek gaan en toe weer na Brussel in België. Dit het gemaak dat Charlen vir ʼn dag of drie alleen by die huis was, maar gelukkig vir hom het die stilte hom nog nooit bang gemaak nie. En gelukkig is daar uncapped wi-fi, so daar was omtrent na teorieë van Game of Thrones en hoe dié program moontlik kan eindig.

 

LEES: Dubai se hitte kan ons nie keer!

 

Lauren het een nag laat by die huis gekom – na haar Brussel-vlug – en was amper dadelik kamer toe om te slaap. Okay, darem nie, want sy het eers geeët en die nuutste episode van 7de Laan gekyk. Maar toe die son sy opwagting maak, maak die twee van hulle gereed om Dubai Mall te besoek. Daar by dié mall is die Burj Khalifa en ook die Dubai Fountain: die grootste mensgemaakte, gechoreograafde fontein in die wêreld. Woorde is nie genoeg om dit te beskryf so, so neem ʼn paar oomblikke en kyk na die video hieronder.

 

Ons kan dit waarborg dat julle nie spyt sal wees nie.

Charlen & Lauren op hul beste. Die een bly in Dubai en die ander hier in sonnige Suid-Afrika. Twee dinge wat hulle in gemeen het: albei is Afrikaans en albei reis vir werk! En so tussendeur alles maak hulle darem tyd om vir mekaar "ek is lief vir jou" te sê.