7de Laan recap – 7 Mei 2019

7de Laan recap – 7 Mei 2019

Die Laan raak warm! Xander en Nathan raak handgemeen, Bonita en Vanessa sukkel om ʼn voorskoot los te maak, en Olivia weier om die realiteite in die gesig te staar.

Dit gaan maar rof in 7de Laan op die oomblik en draai die meeste rook om Nathan – die vriendelike sielkundige by die Hillside Kliniek. Maar is hy dalk té vriendelik…? Die arme man was deur een van sy pasiënte, ʼn minderjarige, by die polisie aangegee omdat hy haar blykbaar molesteer het. Die feite rondom die situasie is maar skaars, maar een ding is seker: Xander en Vanessa is bedonderd!

Dis dieselfde man wat na hul dogter, Karmen, omgesien het. Dieselfde man by wie hul dogtertjie met gemak mee kon speel. En nou kom hierdie storie uit en Karmen sê dat sy en Nathan geheime het?! Shit, dis genoeg om enige ouer se bloed koud te maak! So ʼn mens kan verstaan hoekom Xander vir Nathan in Oppiekoffie bygedam het en soos ʼn besetene baklei het.

Verder het Amorey vir Willem gevra om saam met haar België toe te gaan – permanent – en Willem sien nogal kans vir ʼn leefstyl wat uit bier en sjokolade bestaan. Olivia soek steeds werk, maar is so bleddie uitsoekerig dat dit nie lyk asof hy haar kredietkaart se skuld van R30 000 binnekort sal delg nie.

COMMENTS